Logo

Muckleneuk Gastehuis

Bekostigbare Gastehuis Akkommodasie
Pretoria Gastehuis
Muckleneuk Gastehuis Akkommodasie
 
Kom Bly By Ons vir Jou Volgende Besoek Aan Pretoria
 
 
Muckleneuk Gastehuis is ‘n gastehuis in die voorstad van Muckleneuk in Pretoria. Muckleneuk is een van die oudste voorstede in Pretoria en is naby die middestad en besighede in sentraal en ooste van Pretoria. Hier is ‘n kaart om te sien wat ons ligging is.

Die gastehuis bied gerieflike akkommodasie vir besigheidsmanne sowel as vakansiegangers.

Muckleneuk Gastehuis is ‘n 4 ster gastehuis wat die belange van ons gaste op die hart dra. Ons sal uit ons pad gaan om julle tuis en op julle gemak te laat voel. Die gastehuis het 12 baie goed toegeruste luukse kamers om van te kies. Die gastehuis bied luukse akkommodasie met baie billike tariewe.

 
 

Ons gastehuis bied ‘n groot volledige ontbyt elke oggend vir gaste. Ons kan middagete pakkies voorbery en aandetes aanbied op spesiale versoek. Ons het ook ‘n was en strykdiens beskikbaar.

Al ons kamers het hul eie badkamers met stort of bad of albei. Vra ons wat jy verkies. Ons kamers het koningsgrote  of twin beddens vir paartjies of enkel persone.  Ons het ook 2 gesinskamers vir besoekers met kinders. Kamers is toegerus met yskasies en lugversorging en DSTV. Koffie en tee fasiliteite is ook in al die kamers.

Ons het ‘n koordlose internet konneksie vir onbeperkte internet gebruik waarvoor jy nie sal betaal nie.

Daar is 4 volledig toegeruste selfsorg eenhede. Hulle is toegerus met mikrogolfoond, yskas, ketel, toaster, borde, messegoed, glase en alle kombuis toebehore.

Die gastehuis het meer as genoeg veilige parkering vir gaste.

Daar is ‘n swembad vir die wat wil afkoel na ‘n lang dag se toer of werk.

Ons gastehuis het ‘n volle drank lisensie vir die persone wat ‘n koue bier of lekker wyn soek. Sterker drank ook beskikbaar.

Muckleneuk Gastehuis is naby aan die volgende belangrike instellings soos Unisa, Zuid Afrrikaans Hospitaal, SABS, Loftus Versfeld Stadium, University of Pretoria, University of Pretoria Groenkloof Kampus, SANparks Hoofkantoor, the Urology hospitaal, Pretoria Oog Institute, Brooklyn Mediese Sentrum, Hart Hospitaal, Little Company of Mary Hospitaal, Steve Biko Hospitaal (die ou Pretoria Akademiese Hospitaal), DTI, SARS en omtrent 80 ambasades en owerheidsdepartemente, Unie Geboue, Staatsteater, Pretoria Dieretuin en vele meer. Ons is werklik setraal geleë.

Ons is ondelhandelbaar met pryse aan gaste wat langtermyn akkommodasie soek en gereelde private persone. Ons biet ook spesiële tariewe aan besoekers van die hospitale, want ons weet die stad kan baie duur wees vir plattelanders.



View Muckleneuk Guest House - Street Map in a larger map

Kontak ons gerus en vind uit of ons plek het vir julle.

Kontak Besonderhede:
 
Tel: 087 808 2668 (landlyn tariewe)
Faks: 087 807 4831
Sel: 076 733 7473
 
 
Pretoria Gastehuis
Gastehuis Pryse
Gastehuis kontakbesonderhede
Pretoria Kaart
Hulpbronne en Konneksies